Saturday, 31 August 2013

My naam is Nehaal Fakier en ek het besluit om oor my liefde vir soetgoed te skryf. Van kleinskaf het ek dit baie geniet om my ma dop te hou terwyl sy bak. Dit bring baie goeie herinneringe terug, spesiaal die tye toe sy my laat proe die koek-mengsel voor dit in die oond geplaas word.

Na my matriek was ek nie heeltemal seker oor my loopbaan nie en besluit om my stokperdjie in 'n bietjie van 'n besigheid te draai. Ek het koekies gebak en familie en vriende was my getroue kliente verkoop en binnekort was ek welbekend. Spesiale geleenthede soos troues en verjaardag partytjies is my spesialiteit. Onlangs het ek begin met nagereg en ek kan nie wag om die somer met allerhande vrugte te eksperimenteer nie.

Alhoewwl onderwys my eerste liefde is, gaan ek nog steeds voort met bak en brou.