My vyfjarige niggie is baie geintereseerd in bak en sy vra al lankal dat ek haar moet help bak. Tot verlede week nog het ek probeer om haar daarvan laat vergeet, maar sy het aan hou pester. Sy het besluit om 'n sjokolade koek te bak omdat dit haar gunsteling is. Om ons taak te vergemaklik, het ek haar aangeraai om die bestanddele en ook die gereedskap op die werkstafel te plaas.
Ons begin toe om die eiers en suiker saam te klits tot die suiker opgelos is. Daarna het ons die meel by die mengsel gevoeg en 'n bietjiie melk bygevoeg. Die mengsel het ons ook deeglik deurgeklop en laastens die sjokolade bygevoeg. Ek het haar toe gehelp om die oond aan te skakel. Ek moes myself telkens herinner dat sy maar 'n kleuter is en baie geduld moet he.
Ek wys haar toe om die plaatjie te smeer met botter sodat die koek nie moet vasbrand nie. Toe alles klaar is, plaas ons die koek in die oond en ek moes verduidelik hoekom ons nie die oonddeur mag oopmaak nie. Dit was die langste halfuur ooit, want sy kon nie wag om die eindresultaat te sien nie. Die koek het heerlik gebak en nadat dit afgekoel het, het ons dit versier met room en aarbeie.