My vyfjarige niggie is baie geintereseerd in bak en sy vra al lankal dat ek haar moet help bak. Tot verlede week nog het ek probeer om haar daarvan laat vergeet, maar sy het aan hou pester. Sy het besluit om 'n sjokolade koek te bak omdat dit haar gunsteling is. Om ons taak te vergemaklik, het ek haar aangeraai om die bestanddele en ook die gereedskap op die werkstafel te plaas.
Ons begin toe om die eiers en suiker saam te klits tot die suiker opgelos is. Daarna het ons die meel by die mengsel gevoeg en 'n bietjiie melk bygevoeg. Die mengsel het ons ook deeglik deurgeklop en laastens die sjokolade bygevoeg. Ek het haar toe gehelp om die oond aan te skakel. Ek moes myself telkens herinner dat sy maar 'n kleuter is en baie geduld moet he.
Ek wys haar toe om die plaatjie te smeer met botter sodat die koek nie moet vasbrand nie. Toe alles klaar is, plaas ons die koek in die oond en ek moes verduidelik hoekom ons nie die oonddeur mag oopmaak nie. Dit was die langste halfuur ooit, want sy kon nie wag om die eindresultaat te sien nie. Die koek het heerlik gebak en nadat dit afgekoel het, het ons dit versier met room en aarbeie.
Monday, 7 October 2013
Wednesday, 11 September 2013
My troudag is om die draai en ek het 'n blink gedagte gehad. Ek het narvorsing gedoen omtrent troukoeke en die pryse van troukoeke het my asem weggeslaan. Nou ja, ek het die poging aangewend om 'n proef troukoek te prober bak. Alles het vlot verloop en die oond is warm genoeg om die mengsel in te plaas.
Omdat dit 'n vrugtekoek is, sou dit baie langer as 'n gewone koek in die oond moes bly. Na sowat twintig minute het die koek hooh gerys en ek was gerus en gaan stort. Toe ek weer kyk, het die koek neergesak. Na vele pogings om die koek te red, het ek tou opgegooi. Die bestanddele van die koek het 'n klein fortuin gekos. Ek was woedend toe ek uitvind wat die oorsaak van die flop was. My dertienjarige broer was nuuskierig om te weet wat so lekker ruik en die oonddeur oopgemaak.
Soos almal weet is dit 'n "resep" vir 'n ramp. Ek sal seker maar vir die meer gesoute bakker vra om my troukoek te bak. Ek sou nou wel baie geld gespaar het, maar volgens die Engelsman, "rather safe than sorry."

Monday, 9 September 2013
Vandag gaan ek gesels oor my eerste ervaring bak macaroons. Ek sou dikwels kyk my gunsteling TV reeks, Gossip Girl en een episode van macaroons het my oog gevang! Dit was soe perfek rond en vertoon is in 'n groot verskeidenheid van pragtige pastel kleure! Daar na, een Saterdag oggend het ek besluit om hierdie resep te verken. Ek het 'n groot verskeidenheid van mooi ruik voedselkeursel gekies. Die mees uitdagende deel van hierdie oefening, was die vas gemaalde amandels te vermorsel in 'n fyn pasta en tekstuur. Die amandels was die sleutel bestanddeel in die resep. Toe ek die amandel pasta met die versiersuiker, besluit ek om die eerste kleur van die macaroons pienk te maak. Dit blyk te wees, 'n roos pienk so ek bygevoeg aarbei wese gemeng met gesmelte botter. Dit het ongelooflik geruik. Die tweede keuse van kleur was 'n poeier blou. Die meeste winkels word blou as 'n vanielje geur, maak ek besluit om dapper te wees en gebruikte borrel essense wees. Die derde kleur het ek besluit om 'n diep koue groen te maak. Dit het my 'n rukkie gevat om te besluit op 'n smaak, maar ek was uitgespreek met die peppermint essense. Ek het die mengsel in die oond vir twintig minute en dit het baie pragtig uitgekom! Na drie verhoor pogings, het ek begin verkoop macaroons aan familie en vriende wat heeltemal mal daar oor is.
Saturday, 31 August 2013
My naam is Nehaal Fakier en ek het besluit om oor my liefde vir soetgoed te skryf. Van kleinskaf het ek dit baie geniet om my ma dop te hou terwyl sy bak. Dit bring baie goeie herinneringe terug, spesiaal die tye toe sy my laat proe die koek-mengsel voor dit in die oond geplaas word.
Na my matriek was ek nie heeltemal seker oor my loopbaan nie en besluit om my stokperdjie in 'n bietjie van 'n besigheid te draai. Ek het koekies gebak en familie en vriende was my getroue kliente verkoop en binnekort was ek welbekend. Spesiale geleenthede soos troues en verjaardag partytjies is my spesialiteit. Onlangs het ek begin met nagereg en ek kan nie wag om die somer met allerhande vrugte te eksperimenteer nie.
Alhoewwl onderwys my eerste liefde is, gaan ek nog steeds voort met bak en brou.

Subscribe to:
Comments (Atom)