My troudag is om die draai en ek het 'n blink gedagte gehad. Ek het narvorsing gedoen omtrent troukoeke en die pryse van troukoeke het my asem weggeslaan. Nou ja, ek het die poging aangewend om 'n proef troukoek te prober bak. Alles het vlot verloop en die oond is warm genoeg om die mengsel in te plaas.
Omdat dit 'n vrugtekoek is, sou dit baie langer as 'n gewone koek in die oond moes bly. Na sowat twintig minute het die koek hooh gerys en ek was gerus en gaan stort. Toe ek weer kyk, het die koek neergesak. Na vele pogings om die koek te red, het ek tou opgegooi. Die bestanddele van die koek het 'n klein fortuin gekos. Ek was woedend toe ek uitvind wat die oorsaak van die flop was. My dertienjarige broer was nuuskierig om te weet wat so lekker ruik en die oonddeur oopgemaak.
Soos almal weet is dit 'n "resep" vir 'n ramp. Ek sal seker maar vir die meer gesoute bakker vra om my troukoek te bak. Ek sou nou wel baie geld gespaar het, maar volgens die Engelsman, "rather safe than sorry."
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. narvorsing - navorsing
2. prober - probeer
3. hooh - hoog
4. neergesak - ingesak